Local newsNews

Lang arm van die gereg té lank vir transito-rowers

Daar is op verskeie voertuie, vuurwapens en ammunisie beslag gelê tydens die arrestasie.

Sewe verdagtes is teen gisteraand, Woensdag 18 November, deur die polisie gearresteer in verband met ‘die transitoroof gister, Woensdag, 18 November in Bloemfontein. ‘n transito-roof in Bloemfontein.

Die verdagtes het eers met ‘n voertuig die transitovoertuig gestamp, en dit daarna met plofstof opgeblaas is. Albei voertuie het aan die brand geslaan. Die verdagtes met ‘n onbekende bedrag geld wat hulle buitgemaak het, in ’n BMW en Mercedes-Benz-sportnutsvoertuie (SUV’s) gevlug.

’n Reaksiespan bestaande uit lede van die Sigbare Polisiëringseenheid, die Taktiese Reaksiespan, die Vlieënde Eenheid, die Anti-Bende-eenheid, die Lugvleuel en Misdaadintelligensie het die verdagtes in die rigting van Bloemspruit agternagesit.

‘Die polisie het die stofspoor van die vlugtende voertuie gevolg ‘n Grootskaalse soektog het die polisie tot by ’n huis in Krugerlaan gelei, waar die twee voertuie wat in die rooftog gebruik is, agter die huis versteek was. Een R5-geweer en vier AK-47-gewere asook 22 magasyns met 648 lewendige patrone is onder meer gevind.

Die verdagtes het later met ’n grys Nissan Juke en ’n wit Ford Ikon probeer vlug. Die Juke het in ’n sloot vasgeval, waarna vier verdagtes wat te voet probeer wegkom het, aangekeer is.

Die Ford Ikon het ook vasgeval en nog ’n verdagte is in hegtenis geneem. Twee magasyns met 58 lewendige R5-patrone is in die voertuig gevind.

Tydens verdere opvolgwerk in Goldstraat, Bloemdustria, het die polisie ’n donkergrys BMW gevind wat by ’n werkswinkel geparkeer was. Toetse het bevestig dat die voertuig as gesteel in Pretoria-Noord aangemeld is. Nog twee verdagtes is in verband hiermee in hegtenis geneem.

Altesaam sewe mans tussen die ouderdomme van 37 en 53 jaar is gearresteer.

Die polisie het in totaal beslag gelê op vyf voertuie, vier AK-47-gewere, een R5-geweer, 24 magasyns, 164 R5-patrone en 543 AK-47-patrone.

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van kontantvervoerroof, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook die besit van ’n gesteelde voertuig.

Die ondersoek is aan die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) oorhandig. Die ondersoek duur voort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button