Local newsNews

In die Koepel moet jy kom draai vir ‘n fees soos min

Vanjaar bied die fees 'n interessante en interaktiewe program met iets vir almal.

Daar word vanjaar vir die tweede jaar agtereenvolgens fees gehou in die Vredefort Koepel, en is vanjaar se fees ‘n viering van dié wêrelderfenisgebied se unieke natuurskoon en biodiversiteit, met die kollig op natuurbewaring.

Die fees word gehou Saterdag, 28 November, by Venterskroon Inn.

Feesgangers kan uitsien na ‘n uiteenlopende program wat besoekers op ’n praktiese en interessante manier nader aan die natuur bring.

‘n Program met iets vir almal

Voëlkyk

Die program skop om 09:30 af met ’n begeleide voëlkykstap saam met ervare voëlkykers.

  • Bring jou verkyker, stap- of veldskoene en sonhoed saam.

Sip and Paint

Van 11:00 tot 12:30 kan natuurliefhebbers hul kreatiwiteit uitleef tydens ’n Sip and Paint-sessie, waar deelnemers teen R150 hul eie Koepel-skoenlapper kan verf. Besprekings kan voor 26 November by Carina (081 251 5570) gedoen word.

Die wonderwêreld van bye

Om 12:30 kry besoekers die geleentheid om meer oor die wonderwêreld van bye en hul belangrike rol in die natuur te leer.

Skoenlappers

Die natuurprogram sluit om 13:00 af met ’n aanbieding deur die bekende “ButterflyMan”, Reinier Terblanche, wat sy kennis en passie vir skoenlappers met besoekers sal deel.

Skoenlapperkenner Reinier Terblanche deel sy skat van kennis met feesgangers. Foto: Liezl Scheepers
Skoenlapperkenner Reinier Terblanche deel sy skat van kennis met feesgangers tydens verlede jaar se fees. Foto: Liezl Scheepers

Benewens die natuurprogram kan feesgangers ook uitsien na plaaslike stalletjies, handwerk, kos, musiek en kinderaktiwiteite.

Natuurbewaring begin by kennis en ervaring. Met die tema, In die natuur, vir die natuur , wil die fees besoekers bewus maak van die waarde van die natuurlike omgewing en die belangrikheid daarvan om dit vir toekomstige geslagte te bewaar.

Kom leer meer oor die voëllewe, bye en skoenlappers van die Koepel, om ook op dié manier aktief ’n rol in die beskerming van hierdie unieke natuurlike erfenis te speel.

Die Koepel-fees op 28 November is van 09:00 tot 14:00 by Venterskroon Inn.

Vir navrae skakel Nicolette by 083 265 6245.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button