Local newsNews

Slim kragmeter installasies: Dit is wat Ngwathe gebruikers moet weet

Die installasie van die slim meters word tans eers net in Parys en Tumahole gedoen.

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit is tans besig met die vervanging van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters met slim elektritsiteitsmeters of te wel smart meters.

Daar is einde Oktober begin met die intstallasie van van hierdie meters in onder meer die Mbeki, Tokoloho-, Winnie-, Zuma-, Lusaka- en Sisulu-woonbuurte in Tumahole. Bungane Radebe, Bestuurder: Inkomste by die Ngwathe Munisipaliteit sê dat eers gefokus is op woonbuurte waar ‘n hoë voorkoms van onwettige elektrisiteitsverbindings of gebrugde kragmeters gesien is.

Die installasie van die slim meters word moontlik gemaak deur ‘n toelaag van die Nasionale Tesourie wat aan die munisipaliteit toegeken is, om die voorkoms van kragdiefstal aan te spreek, het Radebe gesê.

Die munisipaliteit het aanvanklik 5 000 meters ontvang en word installasie vir eers gefokus op Parys en Tumahole. Die installasie kan ook mettertyd na die ander Ngwathe dorpe uitgebrei word, afhangend van die goedkeuring en beskikbaarheid van nog fondse van Nasionale Tesourie, het Radebe gesê.

Wie doen die installasie?

Nasionale Tesourie het ingevolge ‘n RT29-2024-kontrak die maatskappy Isandiso Pipelines and Engineering Pty Ltd gekontrakteer vir ‘n periode van 36 maande vir die installasie van die slim meters.

Die kontrakteurspan wat jou besoek moet hulself kan identifiseer met ‘n identifikasiekaart, en word elke span ook vergesel van een senior elektrisiën van die Ngwathe Munisipaliteit.

Die onderskeie senior elektrisiëns van Ngwathe wat die spanne vergesel is:

Nedzanani Shumani

Teboho Sello

Harry Ngubane

Xolani Ngcamu

Melusi Maphalala

Hierbenewens moet die span wat jou besoek ook die volgende brief by hul hê, het Radebe gesê.

Hoe gemaak as jy nie die elektrisiteitseenhede op die slim meter het wat jy op jou vorige meter gehad het na installasie?

Eenhede wat op jou voorafbetaalde elektrisiteitsmeter was, sal oorgedra word na die slim meter maar sal die verbruiker gevra word vir die bewys van kragkoepons wat gekoop is. Sou jy nie jou eenhede wat jy gehad het, op jou nuwe slim meter hê nie, moet jy dit rapporteer by die munisipaliteit se tegniese afdeling.

Hoekom is die vervanging van elektrisiteitsmeters met slim meters nodig?

Slimmeters bied tweerigtingkommunikasie met outomatiese meterlesings wat ‘n kennisgewing uitstuur na die verskaffer sou daar met die meter gepeuter of dit gebrug word.

Dit beskerm dus die netwerk teen oorlading weens kragdiefstal en onwettige koppelings omdat gedsien kan word hoeveel kragverbruik daar in ‘n area is as dit vergelyk word met die lesings van die meters.

Daar is met die vervanging van meters wat nou gedoen word, geen koste vir verbruikers nie, omdat dit befonds word deur die toelae van nasionale tesourie, in lyn met die inisiatief van Nasionale Tesourie en Eskom om verliese weens kragdiefstal in munisipaliteite die hok te slaan, en beskadiging van infrastruktuur weens oorlading te verhoed.

Die slim meters wat geënstalleer word het 'n geënstalleerde meter soos wat regs op die foto gesien kan word, en 'n toestel soos wat links gesien kan word, waarop verbruikers hul kragkoeponne vir die meter laai. Foto's: Verskaf
Die slim meters wat geënstalleer word het ‘n geënstalleerde meter soos wat regs op die foto gesien kan word, en ‘n toestel soos wat links gesien kan word, waarop verbruikers hul kragkoeponne vir die meter laai. Foto’s: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button