Die Hoërskool Parys se tweede rugbyspan het Donderdag 25 Junie by Hugenote Hoërskool in Germiston met skitterende rugby vir Belvedere Hoër met 33-6 in die eindstryd vir Middelskole verslaan. Hiermee eindig die tweede rugbyspan dan vir die 2015 rugbyseisoen as kampioen in hul afdeling van die Valke Skole rugbyliga. Hoërskool Parys se eerste rugbyspan speel eerskomende Saterdag in die finaal van die Valke Hoërskole Rugbyliga teen Belvedere se eerste rugbyspan by die Izak Steyl-stadion in Vanderbijlpark om die wenners van die Middelskole rugbyliga te bepaal.
Die uitslag van die finaal sal bepaal of Hoërskool Parys in die daaropvolgende Beeldtrofee Rygby-uitspeelwedstryde as die nommer 1- of 2-span van die Valke sal meeding teen een van die volgende wenners of naaswenners van die Luiperds, Bulle, Leeus, Limpopo Bulle of Pumas wat die Beeldtrofee- liga uitmaak. Sterkte aan die seuns met hierdie belangrike wedstryd.



