
Hoërskool Parys se dogters muurbalspan het ’n uitmuntende tweede plek behaal tydens die Top Schools toernooi in Pietermaritzburg, wat van 9 tot 12 Augustus gehou is.
Dit beteken dat die span van Parys nou die tweede beste dogters skole muurbalspan in die land is.
Queenstown het die eerste plek behaal, met Epworth in die derde plek.
Die span sê dankie aan hul borge, Valtrac, Hoërskool Parys en Parys-muurbalklub. Spesiale dank ook aan hul afrigter, Elize Prinsloo.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



