SportSport
Nou is hy vinnigste myrunner in SA
Tshepo Mokati het tydens die 20ste myrun Parys Golf and Country Estate, die vinnigste myrunner in SA geword met ‘n skitterende tyd van 15 minute 27 sekondes. Parys myrunners beklee nou die top 3 plekke in SA oor die 5 km roete. Jason Bowers en Peter Mthubi is die tweede en derde vinnigste myrunners. Wat …

Tshepo Mokati het tydens die 20ste myrun Parys Golf and Country Estate, die vinnigste myrunner in SA geword met ‘n skitterende tyd van 15 minute 27 sekondes.
Parys myrunners beklee nou die top 3 plekke in SA oor die 5 km roete.
Jason Bowers en Peter Mthubi is die tweede en derde vinnigste myrunners.
Wat Tshepo se prestasie soveel meer indrukwekkend maak is dat hy vooraf die nagenoeg 15lm van Vredefort af na die myrun toe hardloop. Voorwaar ‘n atleet waarop ons trots kan wees!
Lisa de Speville, ‘n ou bekende in Parys, was die eerste vroue myrunner, en tweede algeheel na Tshepo
Dertig atlete het gister, Sondag 21 April, ondanks die dreigende weer, die 2.5 / 5km roete voltooi
Uitslae:
5 km
Tshepo Mokati
Lisa de Speville
Anna-Marie Ferreira
Carol Delport
Ferdi v d Westhuizen
2.5km
Elise Duvenhage
Nicole Powell
Belinda Stroh
Sean Rourke
Marise Duvenhage

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



