
Noordwes Rolbal se finale wedstryde in die gemengde pare kompetisie, vind Saterdag en Sondag by die Klerksdorp-rolbalklub plaas.
Die wenners in die onderskeie seksies pak mekaar Saterdag, met verdere uitspeelwedstryde wat Sondag gespeel sal word.
Klerksdorp-rolbalklub het weer die grootste verteenwoordiging met sewe pare wat deel in die aksie.
Dit sluit Colin de Jager en Ann Swanepoel, Pikkie en Petra Loots, Piet Croucamp en Rhonda Kallis, Trevor en Bettie Beare, Richard Harris en Susan Steenkamp, Danie Meintjies en Zettie Wilkens, en Morne Kretzman en Jillian Booth in. Nog twee spanne uit die KOSH gebied is die spanne van Orkney-rolbalklub. Hulle is Johan en Burnadiene Muller, en Herman en Adeline Earle.
Parys word verteenwoordig deur Raymond Laubser en Emmie Pelzer, en Lazuya Serfontein en Marius Botha.
Net twee spanne uit Potchefstroom kon die pyp rook. Helena Koekemoer en Michael de Witt van PCC, en die egpaar Du Plessis, Jean en Rose, van Potch Dorp.
Die ander spanne is Abrie Schutte en Alida Roussouw van Fochville, Johan van der Wath en Connie Dabula van Mafeking, en Thinus en Natasha Herbst van La Farge van Lichtenburg.




