Sport

Dis drie vir Parys dié naweek in semi-finaal

Parys hou styf duim vas!

Hoërskool Parys sal hierdie Saterdag 8 Junie op Hoërskool Stofberg se rugbyvelde in Brakpan nie minder nie as drie van sy spanne in aksie hê vir die Valke semi-finale kragmeting.

Die skool se eerste en tweede spanne sal teen Elspark speel met die o.15’s  gaan kragte meet teen Hoërskool Voortrekker.

Dit nadat Parys verlede naweek  by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg geskitter het met ’n geskiedkundige oomblik waarin al drie die skool se spanne gekwalifiseer het vir ‘n plek in die semi-finale uitspeelwedstryde asook vir ‘n plek in die 2019 Virsebeker-kompetisie.
Die skool se o.15’s het Belvedere toe met ‘n skitter telling van 40-7 gewen. Die tweede span het hul wedstryd gewen met 26-0, en die eerstespan het geskitter met 52-10 teen Hoërskool Voortrekker.

Parys se eerstes en die o.15’s het hierdie seisoen tot dusver al hul ligawedstryde gewen.

Foto: Sybil Joubert

Dié aksiefoto’s is geneem deur Sybil Joubert met die eerstespan se kragmeting verlede Saterdag teen Hoërskool Voortrekker.

Geluk aan al die spanne en hul afrigters en sterkte vir die naweek se wedstryde wat voorlê.

 

Foto: Sybil Joubert

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button