
Wêreldkampioenskappe wag vir dié twee
Liezl Scheepers
Abigail Bezuidenhout en Sean van Pletzen vlieg vandag, Saterdag 27 Julie, na Ierland en Pitesti in Romanië onderskeidelik waar hulle Suid-Afrika met die roeispane gaan verteenwoordig vir kano polo en snelroei.
Abigail sal van 28 Julie tot 4 Augustus in Ierland aan die Junior Wêreld Kano Polo-kampioenskappe deelneem waar sy deel sal wees van die SA o.18 span.
Sean neem van 1-4 Augustus in sy Protea-kleure deel aan die 2019 ICF Junior & 0.23 Kano Snelroei Wêreldkampioenskappe waar hy sy land gaan verteenwoordig in die 200m snelroei-item.
Beide is leerlinge van Hoërskool Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



