
Skuts van Parys kon onlangs weer met uitmuntende prestasies spog.
Joanice Pretorius was 1ste in die do.14 veergeweer afdeling, en is ook met die trofee vir Beste Vordering – Veergeweer, beloon. Hanré Pretoius behaal ‘n eerste plek vir Sporter, en kry die trofee vir Beste Vordering Sporter-klas. Hy is ook ingesluit in die Oranje-Vaal Luggeweer SA-span.
Chanté Welgemoed het op haar beurt ‘n eerste plek in die afdeling vir o.21 Veergeweer behaal, en is die Oranje-Vaal Luggeweer rekordhouer met die hoogste telling vir Veergeweer Senior-afdeling. Chamoté Jansen van Rensburg was 2de do.14.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



