SportSport

Trap vir hoop en maak so ’n verskil

Trap vir hoop en maak so ’n verskil

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is vanjaar 200 jaar oud en steeds is die werk van hierdie organisasie wat destyds op 23 Augustus 1820 by Tuynhuis in Kaapstad gestig is, van onskatbare waarde. ‘Bybelarmoede’ is ’n realiteit vir baie wat nie die voorreg het om ’n eie Bybel te besit nie. Jou betrokkenheid kan help dat ’n Bybel in mense se hande geplaas word wat dit broodnodig het, veral in hierdie tye, maar wat dit nie kan bekostig nie. Neem deel aan die Virtuele Trap vir Bybels wat vir Saterdag 22 Augustus beplan word, of enige tyd wat jou in Augustus (die Bybelgenootskap se 200ste verjaardagmaand) pas. Jy kan jou eie tyd, datum en afstand kies.

Daar is geen inskrywings, medaljes, en geen voorwaardes. Trap net saam vir hoop in SA. Fietstrap is ’n prettige en sportiewe manier om Bybels beskikbaar te stel, want onthou dat elke R55 wat die Bybelgenootskap ontvang, een bekostigbare Bybel moontlik maak. Sou jy ’n bydrae kan gee, kan jy dit in die volgende rekening inbetaal: Absa, Bybelgenootskap van Suid-Afrika, tjekrekening, nommer 470 220 406, takkode 632005, gebruik die verwysing – Trap vir Hoop 2020.

Hoe groot is die nood werklik? Onlangse navorsing wys dat sowat 23 miljoen Bybels in Suid-Afrika benodig word. Baie huishoudings het dalk net een Bybel en benodig meer vir ander gesinslede. In Suid-Afrika het 5% van Chirstenhuishoudings glad nie ’n Bybel nie. Werkloosheid is wêreldwyd ’n sosio-ekonomiese probleem. Dit is ook in Suid-Afrika juis nou meer as ooit ’n groot uitdaging met die nasionale werkloosheidsyfer van 29,1% wat steeds styg. In sekere gemeenskappe is dit so hoog as 60%. Suid-Afrika is onder die top 20 lande in die wêreld met die hoogste werkloosheidsyfer. Voeg hierby basiese onderrig in die land wat ver tekort skiet en die bevinding van ’n onlangse studie dat Suid-Afrika ‘n massiewe geletterdheidsprobleem in die gesig staar.

Hoe wil die Bybelgenootskap ’n verskil maak? Die Bybelgenootskap wil vanjaar, bykomend tot sy algehele jaarlikse Bybelverspreiding, twee miljoen Bybels en twee miljoen stelle Bybelgebaseerde geletterdheidsboekies beskikbaar maak. Dit spreek beide Bybelarmoede en die geletterdheidsbehoefte in die land aan, sê die Bybelgenootskap. Hoe kan jy help? R200 000 word benodig vir die befondsing van die projek wat tot Oktober 2021 duur. Elke R100 wat ontvang word, sal die verspreiding van een Bybel en ’n stel Bybelgebaseerde geletterdheidsboekies moontlik maak.

Hoe raak jy deel van die projek? As jy wil deelneem aan die projek skakel Dawie Bornman by (056) 811 4864. Maak ’n verskil – word ’n saaier van hoop.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button