
Noble Equestrian Stalle net buite Parys het van 17 tot 22 Mei aan die Opelug SA Saalperdkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Noble French Knight, ‘n Futurity vul, was genomineer vir die Drie jaar oud Siertuig-klas en het ook aan die Groot Drie jaar oud Siertuig-kampioenskap deelgeneem. Noble Something Royal, ‘n driegang Parkperd, vertoon deur die eienaar Stephné Krugell, het aan die Dames Parkperd-klas deelgeneem, sowel as die Groot SA Dames Parkperd-kampioenskappe. Stephné is ook die afrigter van Noble French Knight.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



