Die Parysnaars wat die afgelope naweek aan die SA Ringtennis klubkampioenskappe deelgeneem het, is agter van links Morné Eybers, Louwrens Vos, Johan Britz en Elna Eybers. Voor is Anya Siragopoulos, Monya Siragopoulos, Lené van der Merwe, Deon van Dyk, Paula Siragopoulos, Braidon Bernardo en Esther Goosen. Foto: Verskaf
Parys-ringtennisklub het Saterdag aan die SA Ringtennis Klubkampioenskappe in Vanderbijlpark deelgeneem waar dié Parysenaars derde in die B-afdeling geeïndig het. Ses spanne het in dié afdeling kragte gemeet. Enigeen wat by die Parys-ringtennisklub wil inskakel is welkom. Daar word Dinsdae en Donderdae om 17:00 by die NG-gemeente Parys-Oos geoefen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.