Local newsSport
Rolbalklub se mans en dames kampioene gekroon
Geluk aan hierdie spelers wat goeie rolbal in goeie gees gespeel het!

Parys-rolbalklub se mans en dames pare kompetisie is die afgelope naweek afgehandel. In die mans finaal het Faan Stofberg en Paul de Ponte teen Jaco Nel en Chris Wentzel te staan gekom. Nel en Wentzel het vir die grootste gedeelte van die wedstryd voorgeloop, maar in die laaste paar koppe het sake verander, en het Stofberg en De Ponte die wedstryd beklink.
In die dames finaal het Magdel O’Donaghue en Marne Prinsloo teen Linda Fuhri en Dalena Reynecke meegeding. Fuhri en Reynecke het van die begin druk op hulle teenstanders geplaas en uiteindelik gerieflik gewen.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



