Amerikaanse gholfbane wag vir JW
Vra jy hom oor hoe hy voel oor die toernooie waaraan hy sal deelneem, sê die talentvolle JW dat hy sommer baie trots en opgewonde is om Parys en sy land in Amerika te gaan verteenwoordig.

Al is JW Fourie nog net 6 jaar oud, hetdié knapie van Parys ‘n passie vir gholf.
Eersdaags is hy op pad na Amerika vir twee toernooie waaraan hy sal deelneem.
Hy is genooi op grond van sy prestasies op die gholfbaan die afgelope seisoen.
Die toernooie word in Junie gehou en is die State Farm Youth Classic, en die Pepsi Little People’s Golf Championships.
JW neem deel aan die SA Kids Golf program en het in sy ouderdomsgroep die
seisoen ses eerste plekke, twee tweede plekke en een derde plek behaal.
Bane waar hy eerste plekke behaal het sluit in Serengeti Golf Estate, Royal Johannesburg
& Kensington Golf Club, Randpark Golf Club, Vaal de Grace Golf Estate wat ook sy tuisbaan is, Emfuleni Golf Club, en Centurion Golf Club.
JW kry afrigting by Christo Hattingh.