Ngwathe moet verkeersuperintendent weer aanstel, vergoed

Mnr. Bernard Mc Dermott, voormalige superintendent van verkeer vir die Ngwathe munisipaliteit, wat in September 2014 geskors en toe afgedank is in Oktober 2015, se afdanking was onbillik is bevind. Hy is destyds geskors en later afgedank na bewerings dat hy glo die parkeerstrepe by Parys Spar sou laat verf het sonder die Raad se goedkeuring.

Mnr. Bernard Mc Dermott, voormalige superintendent van verkeer vir die Ngwathe munisipaliteit, wat in September 2014 geskors en toe afgedank is in Oktober 2015, se afdanking was onbillik is bevind. Hy is destyds geskors en later afgedank na bewerings dat hy glo die parkeerstrepe by Parys Spar sou laat verf het sonder die Raad se goedkeuring.
Die bevinding dat hy onregmatig en onbillik afgedank is en nou weer in sy pos heraangestel moet word, is in Desember 2016 gemaak ná ’n  lang en uitgerekte Arbitrêre geskil tussen Ngwathe en Mc Dermott.
Mc Dermott het op 28 Augustus 2014 ’n  brief van die destydse munisipale bestuurder, mnr Lucky Kamolane ontvang, waarin hy om redes gevra is waarom hy van mening is dat hy nie geskors moet word nie. Redes is ingehandig, maar ten spyte daarvan is voortgegaan met die skorsing en afdanking.
In die bevinding sê Bheki Msiza, “I could not find any evidence to support the notion that the Applicant had committed a misconduct. The misconduct against the Applicant was not proven and therefore there was no justifiable basis for the dismissal.”
In die lig van die bevinding moet die Ngwathe munisipaliteit Mc Dermott nie net in sy posisie as Senior Superintendent van Verkeer heraanstel nie, maar hom ook terugwerkerd vergoed vanaf Oktober 2015, luidens die skrywe.  Die spertyd vir die betaling van die terugwerkende vergoeding word aangedui as 31 Januarie 2017. Daarna sal rente gehef word op die vergoedingsbedrag as dit nog nie deur die munisipaliteit betaal is nie.
Mc Dermott moes Maandag 16 Januarie 2017 vir werk aanmeld, luidens die bevel. Volgens Mc Dermott is hy Maandagoggend toe hy vir werk aangemeld het, deur die waarnemende Hulpbronbestuurder vir Ngwathe, mnr. Majivolo, telefonies gevra om eers te wag omdat die munisipaliteit van voorneme is om te appelleer teen die arbitrasie bevinding. Mc Dermott was voor sy skorsing die voltydse Imatu vakbondverteenwoordiger vir Ngwathe en het hy ná sy afdanking steeds verteenwoordigende werk vir die Unie gedoen. Sou hy weer in sy pos aangestel word sal hy steeds voltyds die IMATU vakbondverteenwoordiger wees. Daar is tans niemand in die pos as senior superintendent van verkeer by Ngwathe nie. Die munisipaliteit is om kommentaar oor die bevinding gevra maar geen reaksie is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button