Solidariteit help met tasse-nood
Solidariteit Helpende Hand het vanjaar weer in die Parys-gemeenskap uitgereik na ouers wat nie finansieel kan voorsien in die skoolbehoeftes van kinders nie. Soos vorige jare is daar weer by die Parys Primêre gehelp met skooltasse en skryfbehoeftes vir graad 1 leerlinge wat nie het nie.

Vanjaar kon 15 tasse oorhandig word en is daar groot dankbaarheid vir hierdie uitreik wat deur bydraes van die publiek vir die organisasie moontlik gemaak word. Mense wat hierdie verdienstelike saak wil ondersteun kan gerus vir Naomi Attwell, Solidariteit Helpende Hand verteenwoordiger in Parys skakel by 072 424 2713.
Daar is ook ’n groot behoefte vir groter tasse vir ouer kinders. As jy kan help skakel die skool by (056) 811 3541.