Polisie toe een té veel vir vermeende plaasaanvallers

Polisie een té veel vir vermeende plaasaanvallers

Flink optrede van die polisie in Heilbron in samewerking met die  Valke ondersoekeenheid en die polisie se Taktiese Reaksie Eenheid, wat blitsig op inligting reageer het, het Dinsdag daartoe gelei dat ‘n waarskynlike plaasaanval betyds afgeweer kon word.

Omstreeks 21:30 Dinsdagaand is ‘n rooi Mazda 3 op die Guttenburg-pad naby Heilbron voorgekeer en is daar twee ongelisensieerde vuurwapens en twaalf rondtes ammunisie gevind.

 

Die motor en van die geodere waarop daar tydens die arrestasie beslag gelê is.

Daar is ook beslag gelê op 2 vals polisie aanstellingskaarte.

Altesaam 5 verdagtes onder wie 4 mans en ‘n vrou tussen die ouderdom van 30 en 41 is in hegtenis geneem en sal Vrydag 9 Julie in die landdroshof in Heilbron verskyn.

Twee van die verdagtes is van Gauteng en die ander van KwaZulu Natal afkomstig.    

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button