Agt weer later voor die hof na protesoptrede

'n Groep mense het vandag vreedsaam voor die hof byeen gekom terwyl gewag is op uitspraak van die hof.

Agt persone wat vroeër vandeesweek deur die polisie in hegtenis geneem is op klagte van openbare geweld in Vredefort. het vandag, Donderdag 14 September, voor die landdroshof in Vredefort verskyn.

Vry borg is toegestaan en is hulle gewaarsku om weer op 26 Oktober voor die hof verskyn.

‘n Groep mense het vandag vreedsaam voor die hof byeen gekom terwyl gewag is op uitspraak van die hof.

Die protesoptrede vroeër vandeesweek oor  munisipale dienslewering in die dorp weens frustrasie wat opbou oor  gebrekkige watervoorsiening in die gemeenskap het gelei tot verkeersontwrigting Dinsdag met die R721 en die gedeelte van die R59 wat deur die dorp loop, wat gesluit was vir verkeer weens die protesoptrede.

Klippe en ander versperrings is later deur die gemeenskap, die SAPD en Vredefort Buurtwag uit die hoofstraat van die dorp verwyder sodat die roetes weer oopgestel kon word. Gevalle waar winkelventers gebreek is en ook die glasskerm van die FNB outoteller stukkend gegooi is, is ook gerapporteer.

Lede van die gemeenskap, Vredefort Buurtwag en die SAPD  het gehelp om weer die dorp se hoofstraat skoon te maak na die protesoptrede. 

Ngwathe se Uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, het Woensdag met die gemeenskap van Vredefort gepraat oor die probleme rondom watervoorsiening in die dorp. Sy het met haar besoek aan die dorp onderneem dat beskadigde munisipale boorgate spoedig herstel sal word om te help met watertekorte. Sy het ook gesê dat terugvoer aan die gemeenskap gegee sal word oor  die beplande pompstasie projek.

Sy het egter ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om nie eiendom te beskadig nie, en gesê dat dit belangrik is dat skole weer sal heropen juis nou in hierdie kritieke tyd van die skooljaar. Skole in Vredefort was vroeër vandeesweek gesluit weens die protesoptrede.

Die situasie in die dorp was met die skryf van die berig kalm sonder verdere insidente.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button