Entertainment

Monark raak intiem en persoonlik

Hier is 'n paar foto's van Monark by Toro.

Op 23 Maart het die nasionaal-bekende Potchefstroomse popgroep Monark, vir ’n intieme en persoonlike akoestiese aand by Toro gesorg.

Enige iemand met goeie smaak in musiek het die aand deurgebring in die buitelug met ’n piekniekmandjie, terwyl hulle kon luister na een van Potchefstroom se mees suksesvolle musiekgroepe. Die Potchefstroomse groep Courage, Dear Heart het die verhoog met ’n stukkie plaaslike talent geopen.

Courage, dear heart se kitaarspeler, Ansumi de Bruin vermaak die gehoor.
Courage, dear heart se kitaarspeler, Ansumi de Bruin vermaak die gehoor. Foto: Wouter Pienaar

Kaartjies is lank vooruit uitverkoop en 200 mense kon deel wees van die gesellige aand.
Monark gaan in Mei hul tweede album bekendstel, waarvan die eerste enkelsnit reeds aan die einde van Maart beskikbaar gaan wees.

Potchefstromers wat deelgeneem het aan die onlangse kompetisie wat Monark geloods het, het op Vrydag 24 Maart uit hul harte uit gesing om op Monark se nuwe album te kom.
Kyk uit vir Monark se nuwe liedjie Broken, wat op 31 Maart vrygestel gaan word.

Foto’s: Marianke Saayman

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button