Aardklop 2025 het amptelik Maandag in Potchefstroom by die Joolplaas afgeskop en feesgangers stroom by die honderde in.
Die lug is gevul met heerlike reuke en goeie musiek. Talle tente vol stalletjies staan gereed om elkeen se inkopiesmaak te bevredig. Feesgangers kan iets van alles proe, van ‘n brandewynjie, verskeie soorte kaas, fudge tot neute en biltong.
Interessante speelgoed, springkastele, treintjies en vele meer hou die kleingoed besig. Daar is ook lekker sitplek waar besoekers rustig kan sit en iets geniet om te eet en drink.
Hierdie is als net by die Feesterrein. Daar is menige verskillende vertonings en toneelstukke wat tot en met Saterdag plaasvind. Raak deel van die fees hierdie week.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!












