EntertainmentLifestyle

Musiek is waar ons kan ooreenstem in Afrikaans

Afrikaans is ‘n taal wat kleurryk en klankryk is en bowenal kreatiwiteit aanwakker veral na aanleiding van die uitstekende Oor Een Stem musiekproduksie wat by die 2017 Aardklop Kunstefees te sien is. Die musieklegende Coenie de Villiers tesame met die bekende Afrikaanse hip-hop ster, Hemelbesem (Simon Witbooi) en die kletsrymer Yoma bewys hier dat daar …

Afrikaans is ‘n taal wat kleurryk en klankryk is en bowenal kreatiwiteit aanwakker veral na aanleiding van die uitstekende Oor Een Stem musiekproduksie wat by die 2017 Aardklop Kunstefees te sien is.

Die musieklegende Coenie de Villiers tesame met die bekende Afrikaanse hip-hop ster, Hemelbesem (Simon Witbooi) en die kletsrymer Yoma bewys hier dat daar nie grense in musiek is nie. Afrikaans kan juis uit verskillende perspektiewe, sienings, ouderdomsgroepe en kulture geluister en waardeer word sodat ons op die ou einde kan ooreenstem.

De Villiers is bekend vir sy strelende klanke op die klavier en in hierdie produksie betower hy weer die gehoor met sy musikale talent. Hemelbesem en Yoma dra ook die gehoor op hulle hande met hulle stories sonder skroom wat in ‘n mengelmoes van hip-hop frases en klanke soos stroop laat loop. Vokale, konsonante en lettergrepe vloei van hule tonge af terwyl De Villiers met sy klavierkuns diepte bring – iets wat beslis gehoor moet word.

Die indrukwekkendste aspek van hierdie vertoning is hoe al drie hierdie kunstenaars kan improviseer en uit die vuis uit musiek kan skep om hul agtergronde en belangstellings kan kombineer om ‘n middeweg tussen twee musikale genres te skep. Nie net word musiek opgevoer nie, maar die skepping van musiek uit verskillende oorde bespreek om die gehoor insig te gee.
Musiek is ‘n universele taal en as Afrikaans bygevoeg word dan is hierdie kombinasie darem wragtig lekker.
Daar is nog kaartjies beskikbaar vir Oor Een Stem wat by die kykNET Konservatorium op die volgende tye plaasvind: Vrydag 6 Okt 12:30.

Kaartjies is R140 per person. Tydsduur: 60 min. Ouderdomsbeperking: Geen.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button