SportSport

SA se beste sweeftuigvlieëniers in Potch vir groot nasionale kompetisie

Die room van die land se sweeftuigvlieëniers is tans in Potchefstroom by die vliegveld te sien, waar hulle tot Saterdag, 7 Oktober aan die SA Sweefkampioenskappe deelneem. Hierdie kampioenskappe wat in 2016 vanaf Welkom na Potchefstroom geskuif het, kry groot aftrek van die publiek. Hier word Suid-Afrika se bestes gekroon en die Proteaspan ook as’t …

Die room van die land se sweeftuigvlieëniers is tans in Potchefstroom by die vliegveld te sien, waar hulle tot Saterdag, 7 Oktober aan die SA Sweefkampioenskappe deelneem.
Hierdie kampioenskappe wat in 2016 vanaf Welkom na Potchefstroom geskuif het, kry groot aftrek van die publiek. Hier word Suid-Afrika se bestes gekroon en die Proteaspan ook as’t ware gekies. Daar is ook oorsese vlieëniers wat hulle vaardighede by dié prestige kampioenskappe ten toon stel. “Daar is ‘n wafferse 51 deelnemende sweeftuie wat vanjaar in vier kategorieë deelneem.
“Dit is klub-klas (minder gevorderde sweeftuie), dubbelsitplek-klas (sweeftuie met twee sitplekke met twee persone in ’n span), 15 meter-klas (sweeftuie met 15m vlerkspan), ope-klas (sweeftuie met 18m vlerkspan of meer, baie gevorderde sweeftuig),” noem AJ Mey, skakelbeampte van die kampioenskappe. Volgens Mey word die vlieëniers se vermoë elke dag getoets met die weer wat ’n groot rol speel.
“Elke dag word daar na die weer gekyk om te bepaal hoe ver ’n taak per kategorie gaan wees, met die ope-klas wat altyd die grootste taak sal hê. ’n Taak is punte op die kaart wat gegee word en die vlieëniers moet dan van warm lugstrome gebruik maak en hul vermoë om die weer te lees om daardie punte te behaal en terug te kom huis toe. Afhangend van hoe goed die weer die spesifieke dag lyk, kan take wissel van 200 km tot selfs 600 km.”
Oscar Goudriaan van Potchefstroom is natuurlik een van die gunstelinge, tesame met sy broer Laurens Goudriaan. Attie en Uys Jonker van Jonker Sailplanes, wat beste sweeftuig in die wêreld vervaardig, naamlik JS1 Revelation en die JS3 Rapture, is ook vlieëniers om voor uit te kyk. Oscar het verlede jaar ‘n briljante tweede plek in die internasionale FAI (The World Air Sports Federation) Sailplane Grand Prix Finale verkry, onder vele ander prestasies op sy kerfstok.
Hierdie kampioenskappe wat ook in Aardklop-tyd val, gee dus vir lugvaart-entoesiaste wat fantastiese lugaksie wil sien, ‘n gulde geleentheid. Kos en drank sal ook by die klubhuis beskikbaar wees.
“Aardklopgangers sal die sweeftuie in die lugruim bo Potch sien of klomp sweeftuie wat saam in ‘n warmlugstroom in die rondte draai om op te gaan.
“Die middag se kant as die manne kom land, kan so hier en daar ’n “low pass” verwag word van om en by 270 kilometer per uur,” verduidelik Mey.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button