EntertainmentLifestyle

Vrydagvreugde vloei op die JOOLplaas

Dit was ‘n fees vir die oor op die NWU Dorsland Joolplaas die afgelope Vrydag (1 Februarie) met van die land se top musikante wat studente se dansskoene laat myle opkry het met van hulle gewildste treffers. Bok van Blerk, Bittereinder, Spoegwolf, Majozi, Easy Company en The December Streets het die skare vermaak en hulle …

Dit was ‘n fees vir die oor op die NWU Dorsland Joolplaas die afgelope Vrydag (1 Februarie) met van die land se top musikante wat studente se dansskoene laat myle opkry het met van hulle gewildste treffers.

Bok van Blerk, Bittereinder, Spoegwolf, Majozi, Easy Company en The December Streets het die skare vermaak en hulle Februarie op die hoogste noot laat afskop.

Al was die reen in die lug en die joolplans ‘n spreekwoordelikke modderbad het studente se hunkering vir goeie musiek geen keer gehad nie.

Elke kunstenaars was luidkeels ondersteun en het hulle eie konneksie met die gehoor gehad. Bittereinder het almal laat dans en rond bons, Majozi se musikale mengsel het die skare lekker luidkeels laat sing, Spoegwolf het hulle treffers uitgepluk met hulle unieke energieke verhoogstyl, terwyl The December Streets se populere en modern aanslag vele nuwe ondersteuners getrek het. Bok van Blerk was ook op sy beste en het met hartroerende harmonieë elke student se hartsnare getokkel.

Kyk die foto’s hier: Foto’s – Wouter Pienaar

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button