NewsNews

Puk-paartjie in ongeluk oorlede

‘n Paartjie wat mekaar op die Puk-kampus van die Noordwes-Universiteit ontmoet het is Sondagaand tragies in ‘n botsing met ‘n vragmotor oorlede.

‘n Paartjie wat mekaar op die Puk-kampus van die Noordwes-Universiteit ontmoet het is Sondagaand tragies in ‘n botsing met ‘n vragmotor oorlede.

Die paartjie, Christiaan en Arina van der Merwe, is op die pad tussen Barkly-Wes en Daniëlskuil, waarskynlik op slag in die botsing dood.

Beeld berig hulle was oppad terug van ‘n troue in Ermelo en het Sondagoggend vanuit Potchefstroom na Postmasburg, waar hulle gewoon het, vertrek.

Die paartjie is sowat ses weke gelede in Potchefstroom getroud.

Arina was ‘n apteker by die hospitaal in Postmasburg. Sy het onlangs haar meestersgraad in aptekerswese voltooi. Christiaan was ‘n ingenieur by ‘n myn.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button