EntertainmentLifestyle

10 vrae met Miemie Richter

"Dit beteken dat tussen 9 en 6 op weeksdae gee ek musieklesse (in bas kitaar en sang) en van Vrydag tot Sondag werk ek aan my eie musiek en reis baie na ander stede vir optredes."

Potchefstroom Herald het met een van Potchefstroom se top musiekinstrukteurs en musikante, Miemie Richter, gaan gesels oor onder andere haar liefde vir alles wat musikaal is.

1. Vertel my meer oor wat jy doen vir ʼn lewe (wat behels dit, wat is die lekkerste daarvan en wat is die slegste daarvan?

Ek is ’n voltydse musikant (bas kitaar speler en Sangeres) en is een van die hoof direkteure en mentors van “n klein kontemporêre musiekskool ‘Texas Music Co.’ in Potchefstroom. Die skool bied musieklesse aan op ’n verhoog met klank toerusting en mikrofone om die gevoel van ‘n regte verhoog te gee. Dit beteken dat tussen 9 en 6 op weeksdae gee ek musieklesse (in bas kitaar en sang) en van Vrydag tot Sondag werk ek aan my eie musiek en reis baie na ander stede vir optredes ens.

Die lekkerste daarvan is dat ek daagliks werk in en met my grootste liefde en met soveel interessante mense in aanraking kom. Dit is wel nie sonder sy uitdagings nie, ek mis soms naweke en laat slaap.

2. Waar het jy groot geword en toe jy ʼn kind was, wat wou jy eendag word?

Ek het op ‘n plaas buite Rustenburg groot geword, en is daarna Potch toe waar ek Onderwys studeer het en na ’n Honneurs in Engels besef het Musiek is die enigste pad vir my.
My grootste droom as kind was om van Maandag tot Woensdag ’n speurder soos (Nancy Drew) te wees en om dan van Donderdag tot Sondag Britney Spears te wees
(moenie oordeel nie, ek was vyf).

3. As jy een plek kon kies in Potch waar jy meeste van jou tyd wil deurbring, waar sou dit wees?

Heel waarskynlik Toro Coffee Bar

4. Vyf mense wat jy nog wil ontmoet, en hoekom?

Zac Brown, Esparanza Spalding, Jack White, Victor Wooten en Dodie. Hulle is almal fantastiese musikante in hulle eie veld en ek sien hulle as groot inspirasies in my eie musiek.

5. Saam met wie wil jy nie in ʼn hysbak vassit nie (net een persoon)?

’n Ekstrovert

6. Jou gunstelingplek waarheen jy al gereis het, of heen wil reis?

In Suid Afrika is Clarens my gunsteling plek, maar ek sal bitter graag New Orleans in die VSA en Noorweë in Europa wil sien.

7. Wat is jou stokperdjies?

Ek is gek vir bak en kosmaak, so my stokperdjies is om Food Channel te kyk en te probeer maak wat hulle op die TV maak. Ek is mal oor tuin maak en plante opgaar.
Ek dink die musiek tel regtig nie meer as stokperdjie nie, want 18 ure van my dag bestaan daaruit haha.

8. Vyf dinge waarsonder jy nooit die huis sal verlaat nie?

My lip ice, naelvyltjie, waterbottel, snacks en my verloofde haha

9. Drie gunstelingdisse?

Baie Pizza, hoender korma, en sushi

10. Wat is jou gunstelingaanhaling?

“The more scared we are of a work or calling, the more sure we can be that we have to do it”. Steven Pressfield in The War of Art

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button