Potch Expo die naweek by Trimpark!
Die nuwe “alles-in-een” Potch Expo word hierdie naweek op die terrein van die Trimpark agter Mooirivier Mall aangebied.

Die nuwe “alles-in-een” Potch Expo word hierdie naweek op die terrein van die Trimpark agter Mooirivier Mall aangebied. Die Expo wat Vrydag, Saterdag en Sondag, 23, 24 en 25 Augustus oop is, spog met meer as 100 uitstallers oor die naweek.
Dit gaan ‘n groot verskeidenheid produkte teen spesiale pryse vertoon – alles van landbou tot leefstyl. Daar is iets vir die boer, sakelui en hele gesin.
Die aandmark is op Vrydag- en Saterdagaand tot 21:00 oop, waar heerlike kos, wyn, kunsstalletjies en lekker musiek geniet kan word. Kom geniet die aand saam met jou gesin en vriende in ’n veilige omgewing.
Sondag, 25 Augustus om 12:00 is daar ‘n vertoning met slange en lekker boeremusiek deur Die Ventertjies oor middagete.
Dit beloof om ‘n heerlike uitstappie te wees. Die hekke maak daagliks om 09:00 oop.
Toegang is R20 per persoon en gratis vir kinders onder 18. Kaartjies is by die hek te koop. Daar is ook veilige, gratis parkering met sekuriteitswagte. Plaaslike besighede kan steeds hul stalletjies bespreek. Besoek www.potchexpo.co.za of skakel die organiseerder, CADEK Media, by 082 563 0691 vir meer inligting.



