Iets van als by gewilde Rooy Kosmark
Vir die kele wat droog raak sal daar Grandanilla Gin on tap wees sowel as die unieke Black River Coffee Stout.

Die Rooy Kosmark gaan weer op Sondag, 26 Junie vanaf 10:00-15:00 by die Van Rooyen-saal met sy groot verskeidenheid die wintersoggend mooi opwarm. Met kos en drank om van te kies en te keur, sowel as handegemaakte produkte en ‘n “car boot sale” sal daar meer as genoeg wees om na uit te sien.
Alabama Dream en MT Belly sal weer eens vir fantastiese musiek en ‘n jolige atmosfeer sorg.

Troeteldiere is ook welkom om deel van die pret te wees en hulle sal al te bly wees om spesiale aandag van Nat Snoet te kry.
Vir die kele wat droog raak sal daar Grandanilla Gin on tap wees sowel as die unieke Black River Coffee Stout. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid wyne van Babylonstoren tot Jakkalsvlei te koop.
Met die ysige winter wat Potchefstroom tref, is daar ook snoesige parka baadjies te koop.
Kinders sal ook hul gate uit geniet met talle kinderspeletjies sowel as bo-op ‘n kleurvolle springkasteel.
Produkte wat verkoop word:
*Vegan Meksikaanse kosse
*Interessante sampioene te proe en te koop.
*Burgers
*Russian & Chips
*Verskeidenheid Jaffels
*Springrolls en samoosas
*Geurige koffie
*Tradisionele pannekoek
*Biltong
*Jaffels
*Outydse lewerkoekies
*Vars koekies
*Tuisgemaakte souse
*Tuisgemaakte konfyte
*Geurige Kerrie en rys
*Maleise Lamskerrie
*Tradisionele Skaap Afval
*Beesstert met stampmielies
*Botiekbier en wyne
Crafts:
*Sterking silwer juwele
* Pandora juwele te koop
*Houtmodelle & Kralewerk
* Speelgoed
*Verskeidenheid klere
* Interessante houtprodukte
- Parka baadjies.
Die volgende mark sal eers weer op 31 Julie 2022 plaasvind. Skakel gerus vir Tania by 079 9182092 vir enige navrae oor stalletjies vir dan, of per e pos: hullabaloo.decorhire@gmail.com.




