EntertainmentLifestyle

Kom maak ‘n draai by die Rooy Kosmark

Daar is weer “car boot sale” stalletjies met verskeie huishoudelike items en klere wat deur lede van die gemeenskap uit hulle karre verkoop word.

Monde gaan weer water by die alombekende Rooy Kosmark wat Sondag, 28 Augustus van 10:00 tot 15:00 gehou word by die Van Rooyen-saal in Piet Bosmanstraat. Toegang is soos gewoonlik gratis.

Om die dors te les sal daar Blueberry gin “on tap” wees asook verskeie wyne te koop.

Studente kan ook ‘n drankie verniet kry as hulle hul studentekaart wys.

Daar is weer “car boot sale” stalletjies met verskeie huishoudelike items en klere wat deur lede van die gemeenskap uit hulle karre verkoop word.

Alabama Dream sal vir die duur van die mark optree wat ‘n lekker atmosfeer verseker.

Troeteldiere is welkom en kan vir n “groom” gebring wat Nat Snoet sal verskaf.

Kindervermaak:

* Verskeidenheid speletjies vir die kinders

*Springkasteel

Produkte wat verkoop word:

*Lekker nageregte

*Interessante sampioene te koop en om te proe

*Burgers

*Russian & Chips

*Verskeidenheid jaffels

*Lekker boereworsrolle en gebraaide sosaties

*Geurige koffie

*Tradisionele pannekoek

*Biltong

*Tradisionele lewerkoekies

*Varsgebakte koekies

*Tuisgemaakte souse

*Tuisgemaakte konfyte

*Geurige kerrie en rys

*Maleise lamskerrie

*Beesstert met stampmielies of groente

Crafts:

*Sterking silwer juwele

*Pandora juwele

*Houtmodelle & kralewerk

*Leer juwele

*Verskeidenheid klere

Die volgende mark sal eers weer 30 Oktober 2022 plaasvind. Skakel Tania by 079 918 2092 vir enige navrae oor stalletjies vir dan, of per e-pos: hullabaloo.decorhire@gmail.com

Gaan besoek gerus die mark se Facebookblad vir ‘n voorsmakie van waarvoor jy kan uit sien.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button