EntertainmentKidsLocal newsPrimary School

Hou jou kinders die vakansie besig

Hoe gaan jy jou kinders hierdie vakansie besig hou?

Wat gaan jy hierdie vakansie met jou kinders maak? Dit is nie altyd moontlik om hulle heeltyd besig te hou nie.

Met die skoolvakansie wat wink, wonder vele ouers hoe hulle die jongspan hierdie vakansie gaan besig hou. Een goeie manier is om hulle na die Potchefstroom Kinderfees toe te stuur. Alle kinders word uitgenooi na die sesde jaarlikse Kinderfees vir graad R tot graad sewe. Dit is ‘n baie spesiale fees vir kinders. Vanjaar se Kinderfees vind weer gedurende die September skoolvakansie plaas.

Dit vind by die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos in Paryslaan vanaf 23-27 September plaas en is heeltemal gratis. Kinders kan elke oggend om 07:00 afgelaai word. Die program begin om 08:00 en kinders kan weer tussen 13:00 en 13:30 opgetel word. Verversings en ‘n ligte middagete word verskaf. Ouers moet hulle kinders vooraf by www.oosdoppers.co.za registreer. Kontak Engela by 082 556 7806 of die kerkkantoor by 018 290 7690 vir verdere inligting.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button