Bult Shell trek splinternuwe baadjie aan
Studente se gunsteling vulstasie, Bult Shell het onlangs ’n splinternuwe baadjie aangetrek.

Studente se gunsteling vulstasie, Bult Shell het onlangs ’n splinternuwe baadjie aangetrek.
Bult Shell het verlede Vrydag, 7 April, weer heropen nadat dit tydelik weens opgraderings en herstelwerk gesluit was.
Hul opening was beslis iets wat almal wou bywoon, aangesien hulle gratis cappuccino’s en vleispasteitjies uitgedeel het – die perfekte kombinasie vir Vrydag se reënerige weer.

Marietjie McGrath, bestuurder van Shell vir die afgelope 15 jaar, sê die uitleg van die winkel het baie verander. Hulle bied nou ‘n vriendelike en verwelkomende atmosfeer vir ‘n verskeidenheid kliënte aan.
Die nuwe Deli by Shell bied ’n verskeidenheid heerlike eetgoed soos muffins, Danish, konfyttertjies, croissants en vele meer watertand gebakte lekkernye.

Bult Shell bied ook nou gekookte en geroosterde hoender. Vir iets lig en lekker kan jy altyd ’n vetkoek, wrap, toebroodjies, hamburger of worsrolletjie bestel.
Vir die beste koffie in Potchefstroom moet jy definitief Vida e Caffé by Shell gaan besoek.
Hier gaan jy die heerlikste medium geroosterde koffie wat 100% Arabica van Sentraal- en Suid-Amerika af kry. Vir die warm dae kan jy ook hul heerlike gegeurde koue koffie of ’n smoothie of frio bestel.

Die badkamers, wat nou binne die winkel is, bied gerieflike fasiliteite vir parapleë. Die ontwerp binne is na ‘n meer moderne en gesellige styl verander.
Die winkel het ook meer rakspasie wat vir ’n groter verskeidenheid produkte voorsiening maak.
Aangesien die vulstasie so sentraal geleë is, is dit vir beide inwoners en studente in Potchefstroom gerieflik om hier te koop.
Behalwe vir die winkel, waar jy verseker gaan vashaak, verskaf hulle ook twee premiumbrandstowwe, VP95 en VP Diesel.
Bult Shell streef na vriendelike en behulpsame diens en ‘n skoon en veilige omgewing wat kliënte altyd laat welkom voel. 



