CommunityEntertainmentLifestylePhoto Galleries

Van Rooy-kosmark is vir smulpape en snuffelaars

Hierdie Sondag (25 Oktober) beplan die uitstallers van die Van Rooy-kosmark om weer die smulpape en snuffelaars te vermaak.

Hierdie Sondag (25 Oktober) beplan die uitstallers van die Van Rooy-kosmark om weer die smulpape en snuffelaars te vermaak.

Toegang is gratis en markorganiseerders nooi almal van 10:00-15:00 om te kom proe aan bloedlemoen jenewer, boetiekbier en -wyne tot mampoerysies en vir middagete is daar enigiets wat jou hart begeer – van outydse lewerkoekies en tradisionele skaapafval tot Maleise lamskerrie, beesstert met stampmielies en hamburgers. Diegene wat daarvan hou om tussen oudhede en kunshandwerk te snuffel, sal beslis nie met leë hande huis toe gaan nie.

ʼn Hele paar nuwe kattebakverkopers (car boot dealers) is deel van die mark. Ondersteun ook Equilibria-entrepreneurs wat hul eiesoortige vermaak en kosprodukte hier bekendstel en luister na Jsen Brown, ‘n plaaslike kunstenaar wat gaan optree.

Moet ook nie vir boeta en sussie by die huis los nie. Vir die kinders is daar hope vermaak – poppekas, gesigverf, speletjies en ʼn springkasteel.

Die volgende mark sal weer 29 November plaasvind. Vir navrae rondom stalletjies, kontak Tania by 079 918 2092 of stuur ‘n epos na hullabaloo.decorhire@gmail.com.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button