CommunityPhoto Galleries

Geliefde mediese dokter van Potchefstroom sterf

Dr. Alphonso Raats, wat vir ongeveer 52 jaar as algemene praktisyn in Potchefstroom gewerk het, is vanoggend (9 Desember) in die ouderdom van 82 jaar dood.

Dr. Alphonso Raats, wat vir ongeveer 52 jaar as algemene praktisyn in Potchefstroom gewerk het, is vanoggend (9 Desember) in die ouderdom van 82 jaar dood.

Hy was opgeneem in die Multisorg hospitaal in Potchefstroom waar hy besig was om na ‘n rugoperasie te herstel.

Raats was vir die afgelope 24 jaar by Medicross in Potchefstroom werksaam. Volgens een van sy kollegas by Medicross, dr. André Vorster, het Raats nog tot twee weke gelede gepraktiseer. Hy het daarna ‘n rugoperasie, limbale diskusprolaps, ondergaan. Die operasie word uitgevoer wanneer die spasie tussen die rugwerwels vernou. Die diskus word dan verwyder omdat dit op die senuwees druk. Dr. Vorster sê hy is verslae en hartseer oor Raats se afsterwe. “Alphons was ‘n dierbare en joviale kollega wat met almal gesels het en graag stories vertel het. Hy het hom nooit laat aanjaag nie en het altyd tyd gemaak om met sy pasiënte te gesels en na hulle kinders uit te vra”, sê Vorster.

Dr. Raats word oorleef deur sy vrou Yvonne, sy seun, Alphonso Raats (jnr), dogter, Hermanie en vier kleinkinders. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button