Local news

Video: Nuwe era van groei vir Volkies

Volkies se nuwe waarnemende hoof, Gerhard Swart, deel meer oor die nuwe hoofstuk wat Volkies in 2024 begin saam met twee waarnemende adjunkhoofde, Christa Oosthuizen en Alicia Olivier.

Hoër Volkskool Potchefstroom het op Donderdag, 1 Februarie amptelik hulle nuwe bestuur aangekondig.

Hierdie driehoek bestaan uit die waarnemende hoof, mnr. Gerhard Swart, en waarnemende adjunkhoofde, mev. Christa Oosthuizen (administratief) en mev. Alicia Olivier (akademies).

Lees meer hier oor die voormalige hoof van Volkies (2018-2024) mnr. Terry Nicholenas, wat in Januarie afgetree het. 

Kyk die video hier van Mnr Swart waar hy meer oor die doelwitte van 2024 deel:

Mnr. Gerhard Swart is opgewonde vir sy nuwe taak as waarnemende hoof. Saam met hom is Anke Viljoen (hoofdogter) en Dewald Groenewald (hoofseun).

Volgens Swart is groei die wagwoord by Volkies vanjaar in hierdie nuwe tydperk in 2024.

“Ek sal graag wil sien hoe Volkies op alle terreine (sport, akademie, kultuur) groei en hulself kan uitleef. Goeie kommunikasie tussen personeel, ouers en leerders is ook baie belangrik,” staaf Swart, wie se passie dit is om kinders te help en te ondersteun.

Mnr. Gerhard Swart saam met die hoofleiers van 2024. Van links na regs is: Zanique Krauze, Taryn Tromp, Anke Viljoen, Mnr Gerhard Swart, Dewald Groenewald, Attie Liebenberg en Christoff Nel.
Mnr. Gerhard Swart en die Volkie leerders is opgewonde vir wat 2024 inhou.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button