Local news

Vyf perdediewe in Van der Hoffpark vasgevang

Vyf vermeende perdediewe is deur die gemeenskap vas getrek.

Spoedige reaksie van ‘n Van der Hoffpark inwoner het gesorg dat AfriForum Buurtwag in samewerking met Mooirivier Beskerming  vyf perdediewe op Saterdag, 3 Februarie kon vastrek.

Die inwoner het glo vyf jong seuns met perde waargeneem en dadelik hul bewegings by die AfriForum-buurtwag aangemeld. Patrollielede en Mooirivier Beskerming het toe daarin geslaag om twee verdagtes in Mareestraat vas te trek. Drie verdagtes het op die vlug geslaan, maar die einste lede het later ook dié verdagtes aangekeer.

Al die perde is veilig terugbesorg.

Polisie is na die toneel ontbied en die vyf minderjarige verdagtes is aan hulle oorhandig.

Dit het later aan die lig gekom dat die seuns glo deur ’n man in Promosa, wat ’n vermeende perdedief is, betaal is om die perde te steel. Die man is na bewering onlangs uit die gevangenis vrygelaat.

“Dit is bemoedigend om te sien dat die gemeenskap so waaksaam is oor dit wat in hul omgewing gebeur,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder in die Mooirivier-streek. “Hierdie inhegtenisnemings is ook ’n sprekende voorbeeld van die samewerking tussen die Potchefstroom-gemeenskap, die plaaslike AfriForum-buurtwag, veiligheidsmaatskappye soos Mooirivier Beskerming en die SAPD.”

Volgens polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Amanda Funani, is die vyf minderjariges aan welsynwerkers oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button