Gimmies se atlete stoom voort by verskillende byeenkomste
Gimmies se atlete hou aan bou voor die komende Prestige Atletiekbyeenkoms sowel as die Noordwes Interhoër.
Potchefstroom Gimnasium se atlete is hard besig om met top prestasies hulle stempel hierdie atletiekseisoen af te druk.
By verskeie byeenkoms skitter Gimmies in aanloop tot die Noordwes Interhoër-byeenkoms wat op Saterdag, 17 Februarie by die NWU McArthur atletiekstadion gaan plaasvind.


Die volgende groot byeenkoms wat ‘n goeie toets vir Gimmies se atlete gaan wees, is die Gimmie Prestige Atletiekbyeenkoms wat op komende Saterdag, 10 Februarie by die McArthur atletiekstadion gaan plaasvind.
Stephané Hook (spiesgooi en gewigstoot), Lezanke Pienaar (naellope), Anika Botes (300m hekkies), Liané Nel (verspring), en Imké Bornman is alreeds besig om hulle stemple af te druk met top prestasies by onder andere die Zwartkop en Affies Atletiekbyeenkomste.
By die Affies Atletiekbyeenkoms waar Gimmies teen Affies (seuns en dogters), Waterkloof en Nelspruit deelgeneem het, is Bertus van der Linde as die beste middel- en langafstandatleet aangewys en Stephané Hook as die beste veldatleet.



Kyk die uitslae hier:
Gimmies Interhuis (Dinsdag, 23 Januarie)
Individuele prestasie van die interhuis
| Toekenning | Naam en Van | Item |
| Beste naeloopatleet | Lezanke Pienaar | 100m |
| Beste Worpe-atleet | Doneli Steynberg | Skywerp |
| Beste Hekkie-atleet | Dianie du Preez | 90mH |
| Beste Middel-en langafstand | Andrea Steynberg | 800m |
| Junior Victrix Ludorum | Anika Botes | Beste 3 items |
| Junior Victor Ludorum | Logan Botes | Beste 3 items |
| Senior Victrix Ludorum | Stephané Hook | Beste 3 items |
| Senior Victor Ludorum | Oarabile Koena | Beste 3 items |
| Prestasie van die dag
(Beste 3 prestasies) |
Stephané Hook | Gemiddeld van 878 per item |
Uitslae van Zwartkop byeenkoms op 26 Januarie
1ste plekke:
| Naam en Van | Item | |
| Lezanke Pienaar | 200m | |
| Anika Botes | 300mH | |
| Divan de Wet | 300mH | |
| Timari Jonker | 400mH | |
| Ben Burger | Hoogspring | |
| Liané Nel | Verspring | Nuwe rekord (Staan van 1991) |
| Stephané Hook | Gewigstoot & Spiesgooi | Nuwe rekords |
| Mariné Jacobs | Gewigstoot | |
| Imké Bornman | Skyfwerp | Nuwe rekord |
2de plekke:
| Naam en Van | Item |
| Anika Botes | 200m |
| Ronel Hartman | 200m |
| Minke Bester | 1500m |
| Anke Jacobs | Hoogspring |
| Stefanie Bamm | Hoogspring |
| Zak Swanepoel | 200m |
| Nicola du Plooy | Verspring |
| Doneli Steynberg | Gewigstoot (verbeter die record) |
| Jumari Jonker | Gewigstoot |
| Logan Botes | Skywerp |
| Ilané Moolman | Spiesgooi |
3de plekke:
| Naam en van | Item |
| Andrea Steynberg | 1500m |
| Alri Verster | 1500m |
| Keilla Chatambudza | 300mH |
| Conner Hollenbach | 300mH |
| Wium du Preez | Gewigstoot |
| Anke Jacobs | Spiesgooi |
| Danel Fourie | Spiesgooi |
| Elzaan Erasmus | Hoogspring |
| Jean Groenewald | Hoogspring |
| Zeldie Venter | Hoogspring |



