Dit is weer tyd vir JOOL hierdie naweek in Potch
Groot JOOL(yt) wag op Potchefstroom met musiekoptredes, vlotte en aktiwiteite wat vanaf 15-17 Februarie voorlê.
Groot pret en groot harte gaan dié naweek in Potchefstroom weer hand-aan-hand loop wanneer JOOL sy eiesoortige kleure wys.
Alle fondse wat ingesamel word, sal gebruik word om die gemeenskap deur verskeie SJGDprojekte te ondersteun.
Die partytjie begin alreeds op Donderdag, 15 Februarie met die Bash wat plaasvind op die JOOLplaas.
Hier is kunstenaars soos DJ Westiro, DJ Beat Soul, Ooh Shucks, Kindrum en DJ Zodix vanaf 18:00-23:00 te sien.
Vrydag- en Saterdagaand sal met musiekvertonings gevul word, en Saterdagoggend word die terrein ook in ‘n fees vir die oog omskep wanneer die immergewilde koshuisvlotte gesien kan word.

Die koshuise se JOOL-vlotte staan op die JOOL-plaas onder afdakke, en almal is welkom om na hulle te gaan kyk.
Die koshuise gaan blikskud, so bring jou kleingeld saam. Kos en ander verversings sal op die terrein beskikbaar wees, sowel as ‘n biertent. Geen alkohol sal toegelaat word om die JOOL-terrein se hekke binne te gaan of te verlaat nie.

Geen vuurwerke sal ook vanjaar geskiet word nie.
Die publiek word gevra om die Hennie Binglestraat ingang te gebruik om toegang tot die terrein te kry. JOOL is nie net ‘n viering van vermaak en kultuur nie, dit is ook ‘n geleentheid om terug te gee.
Deur ‘n bydrae te lewer, word 87-gemeenskapsprojekte ondersteun. Moenie dit misloop nie.



Vrydag 16 Februarie se vertonings lyk so:
17:00 – 17:45 Anzelle
18:00 – 18:45 Rooksein
19:00 – 19:45 Biggy
20:00 – 20:45 Barto
21:00 – 21:45 Early B
22:00 – 23:00 Francois van Coke
Saterdagaand, 18 Februarie:
18:00 – 18:45 Brendan Peyper
19:00 – 19:45 Ricus Nel
20:00 – 20:45 Die Piesangskille
21:00 – 21:45 Die Heuwels Fantasties
22:00 – 23:00 Bok van Blerk
* Kaartjies is beskikbaar op Tixsa by https://tickets.tixsa.co.za/event/jool-2024



