Local news

Gemeenskap vat hande om slaggate in Bailliepark te vul

80 sakke teer is op Saterdag, 24 Februarie in verskeie slaggate in Bailliepark gegooi.

Slaggate is al vir ‘n geruime tyd ‘n groot dilemma in Bailliepark, maar danksy die samewerking tussen die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP), AfriForum en Kleinplaas Pype is daar vordering rakende die herstel van hierdie slaggate gemaak.

Jan de la Hunt (regs) besig om die teer te kompakteer. Foto: Wouter Pienaar.
Altus Klingenberg van die BPGP besig om teer in die slaggat te gooi. Foto: Wouter Pienaar.

‘n Span vrywilligers het op Saterdag, 24 Februarie ‘n groot aantal slaggate in Neethling en Richardsonstrate, onder andere gevul.

Kyk die video hier:

Die span het teen 08:30 die oggend by Baillie Park Spar bymekaar gekom en tot ongeveer 13:30 gewerk waar hulle slaggate met 80 sakke teer kon vul.

Daar word beoog om in Maart weer ‘n aksie plaas te vind waar verdere slaggate te gevul sal word, maar vir dit om te gebeur is elke bydrae uit die gemeenskap nodig.

Die vrywilligers wat hande gevat het. Foto: AfriForum.

Diegene wat tot die Baillie Park Gemeenskapsprojek se padherstelprojek wil bydrae kan in hierdie rekening ‘n betaling maak:

Kleinplaas Pype se Bankrekeningbesonderhede

Bank: FNB

Rekeningnaam: Kleinplaas Pype

Rekeningnommer: 623 8731 5875

Takkode: 240 438

Verwysing: Altus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button