Gemeenskap vat hande om slaggate in Bailliepark te vul
80 sakke teer is op Saterdag, 24 Februarie in verskeie slaggate in Bailliepark gegooi.
Slaggate is al vir ‘n geruime tyd ‘n groot dilemma in Bailliepark, maar danksy die samewerking tussen die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP), AfriForum en Kleinplaas Pype is daar vordering rakende die herstel van hierdie slaggate gemaak.
‘n Span vrywilligers het op Saterdag, 24 Februarie ‘n groot aantal slaggate in Neethling en Richardsonstrate, onder andere gevul.
Kyk die video hier:
Die span het teen 08:30 die oggend by Baillie Park Spar bymekaar gekom en tot ongeveer 13:30 gewerk waar hulle slaggate met 80 sakke teer kon vul.
Daar word beoog om in Maart weer ‘n aksie plaas te vind waar verdere slaggate te gevul sal word, maar vir dit om te gebeur is elke bydrae uit die gemeenskap nodig.
Diegene wat tot die Baillie Park Gemeenskapsprojek se padherstelprojek wil bydrae kan in hierdie rekening ‘n betaling maak:
Kleinplaas Pype se Bankrekeningbesonderhede
Bank: FNB
Rekeningnaam: Kleinplaas Pype
Rekeningnommer: 623 8731 5875
Takkode: 240 438
Verwysing: Altus