Local news

Vrou (53) met talle steekwonde op haar bed gevind

Sy is op die bed met veelvoudige steekwonde oraloor haar liggaam gekry

‘n Vrou (53) van Hillside View in Promosa is dood in haar huis op haar bed gevind nadat sy glo herhaaldelik met ‘n mes gesteek is op Saterdagoggend 16 Maart.

Die vrou, Kedibone Seqala, is ook vermoedelik verkrag.

Die polisie het ‘n saak van moord en verkragting oopgemaak.

DIe polisie-ondersoek duur voort om Kedibone Seqala se aanvallers te vind.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, is daar nog geen arrestasies gemaak nie.

“Polisie is teen 10:20 ontbied na die huis waar sy saam haar lewensmaat gebly het. Haar lewensmaat het haar liggaam vir die polisie uitgewys.

Sy is op die bed met veelvoudige steekwonde oraloor haar liggaam gekry,” verduidelik Myburgh.

Die polisieondersoek duur voort.

Related Articles

 
Back to top button