Local news

Eerstejaarskonsert bring topklas toneel en musiek na die voorgrond

Die 2024 NWU Eerstejaarskonsert was ‘n kaleidoskoop van kleur en klank met unieke temas wat vir grootskaalse vermaak op twee onvergeetlike aande gesorg het.

Vanjaar se Eerstejaarskonserte het vanaf 15-16 Maart in die NWU Ouditorium plaasgevind met 14 koshuisslepe wat vir die titel gekompeteer het.

Maande se harde werk het in die hierdie produksies ingegaan wat ‘n kombinasie van musikale verwerkings en eie komposisies ingesluit het. Natuurlik was die toneelspel met komedie en drama gevul wat die algehele tema’s nog meer ingekleur het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Dinki en Veritas se sleep het op hekse
en vampiere gefokus om die aand af te
sluit. Die grimering en beligting was veral treffend.
Oosterhof & Dennedorp het met ‘n Alice in Wonderland tema gegaan.

Vergeet-My-Nie & De Wilgers se sleep het vir puik
toneelspel gesorg
“Sneeuwitjie” was in Karlien en Over de Voor se
sprokiesland sleep te sien.
Daar was ook oulike dwergies.
Hierdie “honde” het genoeg gehad van “Breno Peyper”
Minjonet en Caput
se “Op my Hitte” tema was uniek en het vir ‘n hele paar dubbelsinnighede gesorg

Heide en Hombré se vertolking van ‘n Speletjiesprogram het hul ‘n tweede
plek besorg.
“Nataniel” het vir talle snaakse oomblikke gesorg.
Eikenhof en Heimat het ‘n eiland-oorlewingstema
met verskillende sterre op komiese wyse uitgebeeld

Die K.A.K
tydmasjien
het die
gehoor met
talle komiese
oomblikke
gelos. Hierdie
was Lavaria
en Ratau se
Sleep.

Hier is Clerise Begg van Wag-’n-Bietjie en Patria se sleep
Wag-‘n-Bietjie en Patria het die eerste plek behaal. Foto: Wouter Pienaar
Wag-‘n-Bietjie en Patria het die eerste plek behaal. Foto: Wouter Pienaar

Elke sleep moes ook hul improvisasie wys met elkeen wat ‘n unieke item gehad het. Toneelspelers moes kreatief wees met onder andere ‘n pool noodle, ‘n krieketkolf, koelboks, vuvuzela en nog vele meer. Op die ou einde het Wag-‘n-Bietjie Dameskoshuis en Patria Manskoshuis die titel gewen met hulle unieke vertolking wat elemente van sprokies soos Alice in Wonderland met Liewe Heksie gekombineer het. Dit is nie verbasend dat hierdie sleep gewen het nie, aangesien hulle ‘n luide en staande applous gekry het. Die toneelspel was puik en die karakters treffend.

Die liedjies het ook die algehele tema goed versterk met die dans en choreografie wat ook uitgestaan het.

Talle ondersteuners het ook die twee aande se verrigtinge bygewoon:

Sinead Brodie, Nikita van der Merwe en Dinah Motileni.

Janique Gouws, Elnett Gouws, en Kayla Gouws
Heinrich Raubenheimer, Sybren Hiemstra en Pieter Cronje.

Lohyn Coetzee en Ethan Short.

Heide en Hombré neem die tweede plek met Kasteel en Soetdorings wat derde kom. Bellatrix en Excelsior sowel as Dinki en Veritas, deel die vierde plekke.

Related Articles

 
Back to top button