Local news

Noordwes se top skoleatlete gaan by SA kampioenskappe wil skitter

Die SA Laerskole Atletiekkampioenskappe vind vanaf 24-26 Maart in Limpopo plaas

Die Noordwes Skoleatletiekkampioenskappe vir laerskole het 8 Maart vir groot atletiek by die NWU McArthur Atletiekstadion gesorg.

Talle atlete vanuit vier distrikte het sake uitgespook om te sien wie vir die Noordwesspan vir die SA Laerskole Atletiekkampioenskappe vanaf 24-26 Maart in Limpopo sou kwalifiseer.

Daar was ‘n paar uitblinkers op die dag wat vir die Potch skole top prestasies gelewer het. Ethan Fourie van Laerskool Mooirivier is as die beste veldatleet van die dag by die NW Laerskole Atletiekkampioenskappe aangewys. Hy het ook ‘n nuwe rekord van 14.32 meter in die gewigstoot opgestel. Hy sal een van die gunstelinge wees om weer ‘n medalje huis toe te bring.

Laerskool Mooirivier se Ethan Fourie is een van die gunstelinge vir ‘n podium posisie.

In 2022 het hy by SA’s gewigstoot goud gekry, in 2023 gewigstoot silwer, en hierdie jaar gaan hy probeer om onder die top drie te eindig vir beide gewigstoot en diskus.

Lihann Kemp van Laerskool Baillie Park gaan ook sy bes probeer om ‘n medalje te verower.

Hierdie langasem is vol selfvertroue nadat hy eerste plekke opgeraap het in aanloop tot die SA kampioenskappe.

Laerskool Baillie Park se Lihann Kemp sal sy SA droom verder najaag in Limpopo.

Hier is die lys van Potch atlete van die Noordwesspan vir die SA Atletiekkampioenskappe

*Nina Burger – Mooirivier (o.11 hoogspring en verspring)

*Tedrich Hattingh – Mooirivier (o.12 1200 m)

* Alrike Hattingh – Mooirivier (o.12 1200 m)

*Stephan Terblanche – Mooirivier (o.12 hoogspring)

* Lize du Plessis – Mooirivier (o.13 verspring, 200 m) *Benyamin Kriek – Mooirivier (o.13 hoogspring en verspring)

*Ethan Fourie – Mooirivier (o.13 gewigstoot en diskus)

* Realeboga Manyaapelo – Mooirivier (o.13 80 m hekkies)

*Lihann Kemp – Baillie Park (o.11 1200 m)

*Melicia Koekemoer – Baillie Park (o.11 80 m en 100 m) *Carlene Coetzee – Baillie Park (hoogspring)

*Ruben Botes – Baillie Park (o.11 gewigstoot

* Momolezi Mboyi – Potchefstroom Primary (o.13 100 m en 200 m).

* Steve Molatudi – Mohadin Primary (o.12 100m)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button