Local news

Tienerseun (16) oorlede na fietsongeluk

Andries Botha (16) het ongeveer drie weke na sy ongeluk, sy laaste asem uitgeblaas.

Andries Botha (16), die tiener wat Vrydag, 8 Maart in ‘n fietsongeluk op die hoek van Chris Hanistraat en Walter Sisululaan was, is verlede week dood weens beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het.

Andries is 27 Maart breindood verklaar en 29 Maart oorlede.

Volgens sy ma Carina moet ‘n nadoodse ondersoek nog gedoen word voordat begrafnisreëlings getref kan word.

Andries Botha (16) wat op Vrydag, 8 Maart
in ‘n ongeluk betrokke was, is op 29 Maart
verlede week oorlede. Foto: Verskaf.

Andries, wat tuisonderrig ontvang, was die betrokke dag in ‘n ernstige ongeluk toe ‘n verkeersmotor hom die oggend omstreeks 08:30 by die verkeerslig getref het.

Hy het veelvuldige beserings tydens die ongeluk opgedoen. Hy is op die dag van die ongeluk na die Netcare Alberton-hospitaal oorgeplaas waar hy met  ‘n ventilator aan die lewe gehou is.Hy het ook ‘n globale breinberoerte op 18 Maart opgedoen. Dokters moes eers deur middel van toetse vasstel of daar nog lewe op Andries se brein was.

Noordwes polisiewoordvoerder, lt.kol. Amanda Funani het genoem dat ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur ondersoek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button