Local news

Tokkies se atlete bring SA medaljes terug Potch toe

Vier Tokkies het hul provinsie en skool trots gemaak met puik prestasies by die SA Kampioenskappe.

Laerskool Mooirivier se top atlete het gesorg dat Noordwes ‘n skaflike derde plek behaal by die 2024 SA Skole Atletiekkampioenskappe in Polokwane, Limpopo wat vanaf 24-26 Maart plaasgevind het.

Noordwes eindig in die bronsmedalje posisie met ‘n groottotaal van 28 medaljes, wat 11 goud, 7 silwer en 10 bronsmedaljes insluit.

WP is eerste met 70 medaljes (32 goud), terwyl Gauteng tweede is met 93 medaljes, omrede hulle net 26 goue medaljes kon behaal. Al die Potchefstromers wat medaljes by hierdie kampioenskappe behaal het is afkomstig van die Tokkieatletiekfabriek.

Lize du Plessis was uitstekend in die verspring-item. Foto: Proshots.
Ethan Fourie het ook goud in die seuns o.13 diskus behaal. Foto: Proshots.

Laerskool Mooirivier se atlete het in totaal twee goue medaljes en drie silwermedaljes ingepalm. Ethan Fourie verkry ‘n briljante goud in die seuns o.13 diskus met ‘n gooi van 48.70 meter. Hy behaal ook silwer in seuns o.13 gewigstoot met ‘n gooi van 14.22 meter.

Lize du Plessis verkry ‘n uitstekende goud in die dogters o.13 verspring-item. Haar sprong van 5.11 meter is genoeg om met SA goud weg te stap. Alrike Hattingh wys haar langasem met ‘n silwermedalje in die dogters o.12 1200 m. Sy eindig in ‘n tyd van 3:45.15.

Stephan Terblanche neem ook silwer in die seuns o.12 hoogspring-item. Sy sprong van 1.58 meter verskaf aan hom die tweede plek op die podium.

Stephan Terblanche het ‘n silwermedaljes in die seuns o.12 hoogspring behaal.

Ruben Botes van Laerskool Baillie Park eindig net buite die podiumposisies in die seuns o.11 gewigstoot met ‘n vyfde plek na sy gooi van 12.44 meter. Twaalf Potchefstroomse atlete het Noordwes by hierdie kampioenskappe verteenwoordig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button