ES Le Grange laat water by SA’s spat
Binne die eerste twee dae van die kompetisie het die leerders 24 medaljes altesaam bymekaar gemaak.

Leerders van ES Le Grange skool het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse swemkampioenskappe vir intellektueel gestremdes deelgeneem en met verskeie goue medaljes weggestap. Tessa Hansen, een van die afrigters, is baie beïndruk met die leerders se prestasies. Ettienne Kemp, Frikkie Jacobs, Tiaan Keyzer, Nadia Naude, Johan Nienaber, Shawn Willemse en Aurelio Smith is almal ES Le Grange leerders wat Noordwes by die SA kampioenskappe verteenwoordig het. Tessa en Erhard van Breda, nog ‘n afrigter, het hul vergesel.

Die leerders het 24 medaljes, onderskeidelik brons, silwer en goud, binne die eerste twee dae gewen. Hulle het binne die laaste twee dae ook heelwat medaljes bymekaar gemaak. Tiaan het ‘n trofee ontvang vir beste ontwikkeling, sowel as 13 goue-, drie silweren een bronsmedalje ontvang.

swemmer aangewys. Foto’s: Verskaf.
Noordwes se senior aflosspan het ook heelwat goue medaljes gewen en is as die beste mans aflosspan aangewys. Baie geluk aan hierdie leerders met hul goeie prestasies.
