Local news

Geen Sondagplanne? Besoek Rooy Kosmark

Troeteldiere is welkom, maar moet op leibande wees.

Die Rooy Kosmark word weer Sondag, 26 Mei 2024 aangebied.

As jy gewonder het wat jy vir Sondagmiddagete gaan voorsit, is hier ‘n hele lys van smaaklike disse wat jy by Rooy Kosmark kan optel.

Beesstert met Stampmielies van Kombuis Lombardia, Maleise Lamskerrie met Basmati, Tradisionele Griekse Gebak deur Greek Delights, Tradisionele Skaapafval, Egte Indiese Disse van Sumi’s Kitchen, Outydse Lewerkoekies, Gevulde Vetkoeke, Kaneelsuiker Pannekoek, Heerlike Warmbrakke, Melktert Jaffels van Sharon se Kombuis, Tuisgemaakte Appeltert, Opregte Melktert, Hartlike Bunny Chows, en Soft Serve Roomys.

Studente wat hul studentekaart by die kosmark vertoon sal kwalifiseer vir ‘n gratis drankie!

Kindervermaak en kattebak verkoping sal weer by die mark wees, en Hêppie Kêppie gaan sorg vir musikale vermaak.

ACE Modelskool en Fetch Bark Park gaan ook by die mark wees om meer oor hulself en hul projekte te deel.

Rooy Kosmark is oop vir die hele gesin, insluitend die viervoetiges, mits hul op ‘n leiband is.

Toegang is gratis en Rooy Kosmark se organiseerders nooi almal op die dag saam te kom geniet.

Die volgende mark sal 30 Junie 2024 plaasvind. Kontak Tania op 079 9182092 vir meer inligting.

Related Articles

 
Back to top button