Local news

Dooie honde by PAWS gelos

Darren Kruger het die gemeenskap gemaan om nie te wag tot dit te laat is voor PAWS vir hulp gevra word nie

Twee bull terrier honde is die week dood voor PAWS se deure gelos.

Volgens Darren Kruger, voorsitter van PAWS, is die een hond Sondagmiddag, 14 Julie in die parkeerarea gevind.

“Die ander een het ons vanoggend  (17 Julie) in die noodhokke gekry,” het Kruger gesê.

Die bull terrier wat sondagmiddag in die parkeerarea van PAWS gevind is.

Kruger het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om liewer met PAWS in verbinding te tree oor diere se welstand.

“Ons sal help waar ons kan,” het hy gesê. Volgens Kruger is PAWS gereed om die gemeenskap by te staan in tye van nood.

PAWS kan by 0716819264 gekontak word. Of Darren Kruger kan by 082 334 0890 gekontak word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button