Local news

Tussenverkiesing vir wyke in die stad

Lede van die gemeenskap sal 'n geleentheid kry om in September in die tussenverkiesing te stem.

Drie tussenverkiesings sal op Woensdag 11 September 2024 in wyk 7, wyk 22 en wyk 24 plaasvind.

Indien jy in een van hierdie wyke woon, sal jy op 27 en 28 Julie 2024 die geleentheid hê om te registreer of te herregistreer om te stem. Dit is vir die individu wat nie in die Mei-maand verkiesing gestem het nie.

Wyk 7 – Kannonierspark en omliggende omgewing kan by NG Kerk en NG Kerk Die Bult registreer.

Wyk 22 – Bult-area kan by die Stadsaal en NG Grimbeek Park registreer.

Wyk 24 – Grimbeekpark en middedorp kan by die tent by Cachet Park en hoërskool Gimnasium registreer.

Registrasies sal vanaf 08:00 tot 17:00 plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button