Local news

KYK: Chaos breek in Promosa uit

Die situasie is nog nie onder beheer gebring nie.

Chaos het vanmiddag in Promosa uitgebreek toe betogers begin het om winkels te plunder.

Tans word daar glo steeds by winkels ingebreek en geplunder. Sommige winkels is glo leeg gedra.

Glenville Fransman, DA-raadslid, sê die paaie is steeds toe en die mense is besig om te plunder. Hy se ook geen polisie is op die toneel nie.

“Die mense is besig om af te breek en die polisie is nêrens te siene nie.”

Die protes het Sondagaand begin en vanoggend weer vlam gevat. Die gemeenskap betoog oor die hoë tariewe en dienste.

Navraag oor die situasie is by die polisie gedoen, maar teen tyde die plasing is geen terugvoering ontvang nie.

Kyk na die videos hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button