Local news

KYK: Chaos breek in Promosa uit

Die situasie is nog nie onder beheer gebring nie.

Chaos het vanmiddag in Promosa uitgebreek toe betogers begin het om winkels te plunder.

Tans word daar glo steeds by winkels ingebreek en geplunder. Sommige winkels is glo leeg gedra.

Glenville Fransman, DA-raadslid, sê die paaie is steeds toe en die mense is besig om te plunder. Hy se ook geen polisie is op die toneel nie.

“Die mense is besig om af te breek en die polisie is nêrens te siene nie.”

Die protes het Sondagaand begin en vanoggend weer vlam gevat. Die gemeenskap betoog oor die hoë tariewe en dienste.

Navraag oor die situasie is by die polisie gedoen, maar teen tyde die plasing is geen terugvoering ontvang nie.

Kyk na die videos hier:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button