SportSport

So naby maar tog so ver vir Volkies

Volkies het deur die verloop van die seisoen al hoe beter begin speel

Volkies se 1ste XV het Saterdag in die doodsnikke teen Eldoraigne in die Noordvaal Bowl afdeling se hlafeindstryd met 24 – 23 verloor.

Volkies was voor, tyd was verby en toe gebeur dit. ‘n Strafskop, Eldoraigne se kookwater heelagter, JP Meyer, mis nie sommer ‘n skop nie. Hy breek Volkies-harte deur sy derde doelskop deur die pale te jaag.

Volkies kan trots wees met die manier hoe hulle die seisoen afgesluit het. Die Potchefstromers was gereken om ‘n impak op vanjaar se kompetisie te maak nie. Hulle het aan die begin van die seisoen gesukkel, en is boonop deur verskeie beserings ook gekelder.

“Ek is baie trots op die seuns. Ons was baie goed op die dag gewees. Ons het mooi rugby gespeel, dit was letterlik net een skop wat ons gesink het. Maar ek bly ongelooflik trots op die groep, as jy vat waar ons begin het, en waar ons geëindig het,” het Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button