Local news

NWU-Vaal studente oorlede tydens ongeluk

Die ongeluk het ses lewens geëis.

Ses studente is oorlede en twee is met beserings in die hospitaal opgeneem na ‘n ongeluk wat vroeg Sondagoggend plaasgevind het.

Die ongeluk het ongeveer  8km van die Moahi nedersetting, waar die studente gewoon het, plaasgevind.

Drie van die student was eerstejaars en drie was tweede jaar studente aan NWU Vaal kampus.

Prof. Sibusiso Chalufu, uitvoerende direkteur van NWU Vaal kampus, het in ‘n verklaring sy meegevoel met die familie van die studente gedeel.

“Dit is met ‘n swaar hart dat ek die tragiese nuus aankondig van ‘n ongeluk waarby agt van ons studente in die vroeë oggendure van Sondagoggend betrokke was. Ses studente het hulle lewens verloor en twee ander is in hospitaal opgeneem. Hulle toestand is tans stabiel.

“Ons deel ons innige meegevoel met die families van die oorledenes en wens ‘n spoedige herstel toe vir die wat beseer is.”

Chalufu het ook studente en personeel wat deur die insident geraak is, aangemoedig om berading te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button